Aktivis: Chemiese kastrasie nie die oplossing vir geslagsgeweld

Die maatskaplike geregtigheid-aktivis, Phelisa Nkomo, sê oproepe vir die chemiese kastrasie van verkragters is onprakties. Die ANC se maatskaplike transformasie-subkomitee, gelei deur Lindiwe Sisulu, het die beroep onlangs gedoen. Nkomo het gesê Sisulu se voorstel oor chemiese kastrasie los nie die bron van geslagsgeweld op nie.