Polisie slaan toe op sindikaat in hoofstad

Plaaslike berigte in die Engelse dagblad The Namibian lui dat 88 Namibiërs, drie Chinese en ander buitelanders in die luukse voorstede van Klein Windhoek en Auasblick in hegtenis geneem is. Hulle word daarvan verdink dat hulle deel vorm van ‘n sindikaat wat Amerikaners en Europeërs geteiken het met kriptobates. Media was op hol Donderdag met die polisie se spesiale reserwemag wat by ‘n groot huis in Auasblick opgemerk is maar die polisie wou geen kommentaar lewer nie. Teen Donderdagmiddag was daar volgens die berigte 20 mense reeds in aanhouding met die operasie wat voortgeduur het. Die polisie sal na verwagting vandag ‘n aankondiging maak. Sy forensiese eenheid is tans besig om te bepaal hoeveel geld betrokke is. Vrae word weer gevra oor die wysheid om Chinese burgers visum-vry toegang tot Namibië vir 30 dae te gee.