Polisie sê glimbande op diere is goeie idee

Die Namibiese polisie se hoof van verkeer, kommissaris Amalia Gawanas stem nie saam met die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws dat glimbande nie op rondloper vee sal werk nie. Gouws het gereageer op die aankondiging dat die regering van Limpopo glimbande aan boere vir plaasdiere soos beeste skenk om sodoende padveiligheid gedurende die veestyd ‘n hupstoot te gee. Gawanas sê dit is inderdaad ‘n baie goeie inisiatief en sal haar bes probeer om dit plaaslik te implementeer. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.