Polisie ondersoek moord op boer in Mpumalanga

Die polisie in Mpumalanga het beloof om geen steen onaangeroer te laat nadat die liggaam van ‘n 53-jarige boer op die plaas Sterkspruit ontdek is nie. Etienne du Toit is glo aangeval terwyl hy van die waterpompe op sy makadamia-plaas afgeskakel het. Die polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê ‘n moordsaak is geopen en voorlopige ondersoeke dui daarop dat die slagoffer kopbeserings opgedoen het.