Polisie in Timaru se ondersoek na beweerde SA gesinsmoord afgehandel

Die polisie in Timaru, Nieu-Seeland, het hul ondersoek afgehandel by die woning waar drie kinders van die Dickason-gesin van Suid-Afrika, Donderdag dood gevind is. Nieu-Seelandse media berig die pa, dr. Graham Dickason mag nou weer na die huis terugkeer en ‘n familielid het vandag in Timaru aangekom. Die sesjarige Liane en die tweejarige tweeling Karla en Maya se ma, Lauren, word daarvan aangekla dat sy hulle vermoor het. Sy word tans in ’n geestesgesondheidskliniek in Christchurch aangehou. Sy sal in Oktober weer in die hof verskyn.