Polisie ‘het nie vervoer om veediefstal hok te slaan’

Wetstoepassings-agentskappe en die boere-gemeenskap werk 24-uur per dag om veediefstal te bekamp, maar dit neem steeds toe. Gibeon se operasionele komitee teen veediefstal, onder leiding van Christiaan Swartbooi, sê veediefstal is ‘n groot uitdaging in die Suide. Die groot probleem is dat die polisie nie veel kan doen aan die saak nie, weens ‘n gebrek aan vervoer. Swartbooi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is in ‘n groot krisis.