Polisie gereed vir enige oproere met Zuma se hofverskyning Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse polisie het bekendgemaak dat spesiale eenhede ontplooi sal word om te voorkom dat ondersteuners van oud president Jacob Zuma Dinsdag oproerig raak met sy hofverskyning in die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg. Hy staar 16 aanklagte van korrupsie, afpersing, bedrog, belastingontduiking en geldwassery in die gesig.