Universiteite van Namibië en Oxford bied gratis aanlynkursus oor astronomie en sterre-toerisme aan.

Die Universiteite van Namibië en Oxford gaan ‘n gratis aanlynkursus oor astronomie en sterre-toerisme aanbied. Die kursus sal bestaan uit vyf een-en-’n-half-uur-sessies wat via Zoom vanaf 24 Augustus op Dinsdae gaan plaasvind. Die program is vir toergidse ontwerp, maar enige iemand is welkom om te registreer. Dr. Michael Backes van die Universiteit van Namibië.