Pole weier Wêreldbeker uitspeelwedstryd teen Rusland

Pole gaan nie op 24 Maart sy 2022 Wêreldbeker-uitspeelwedstryd teen Rusland in Moskou speel nie weens die Russiese inval in Oekraïne. Die president van die Poolse sokkerfederasie, Cezary Kulesza, sê dit is die korrekte besluit want die tyd vir praat is verby. Hy voeg by hy sal saam met die Sweedse en Tsjeggiese federasies werk om ‘n verenigde standpunt aan Fifa voor te hou. Die wenners van die Sweeds-Tsjeggiese wedstryd sou op 29 Maart in Rusland kragte meet, indien Rusland vir Pole uitskakel.