Ek kort ammunisie, nie ‘n rit nie – Zelensky

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het ‘n aanbod van Amerika van die hand gewys om uit die hoofstad Kiëf pad te gee. Die Oekraïnse ambassade in Brittanje sê op Twitter Zelensky het aan Amerika gesê: “Die stryd is hier, ek het ammunisie nodig, nie ‘n rit nie”. Die ambassade voeg by Oekraïners is trots op hulle president. In ‘n video met die opskrif “moenie vals nuus glo nie” het Zelensky bevestig hy is steeds in Kiëf. Hy voeg by die stryd duur voort en hulle wapen is die waarheid.