Pluimveetoere ‘n reuse-sukses

Die Pluimveeprodusente-vereniging in samewerking met AgriBank het tot dusver twee suksesvolle pluimvee-toere aangebied. Die tweede toer is deur onlangs deur sowat 350 mense in die streke van Karas, Hardap en Khomas meegemaak. Op Rehoboth het sowat 150 mense die vergadering bygewoon en die jeug was goed verteenwoordig. Die opleidingstoer het gefokus op ‘n volhoubare pluimvee-sektor in terme van produksie, bio-sekuriteit en inentings-programme, en finansiering vir die bedryf se groeiende klein en medium ondernemings, veral opkomende produsente.