Pluimveeprodusente woeker voort met uitvoerplanne

Pluimveeprodusente is vol vertroue dat die onlangse regeringsbesluit om die verbod op die invoer van pluimveevleis uit Suid-Afrika op te hef nie hul besigheid, insluitend hul uitvoerplanne, negatief sal beïnvloed nie. Die Pluimvee Produsente-vereniging sê die uitvoerplanne vir hoendervleis en eiers na Suid-Afrika en Europa word steeds nagestreef. Die vereniging se voorsitter, Rene Werner, het aan The Brief gesê hulle beplan om dieselfde uitvoerroete as onder meer Brasilië te vestig. Dit behels die uiters winsgewende verkoop van hoenderborsies aan lande in Europa en die Amerikas. Die res van die produkte kan dan goedkoper plaaslik verkoop word. Hy sê hulle wag nog op die uitreiking van permitte vir kommersiële pluimvee-uitvoere, om te verseker dat aan alle relevante regulasies voldoen word.