Pluimvee invoer-verbod vanaf Argetinië – voëlgriep bevestig

Die direktoraat van veeartsenydienste in die landbouministerie sê die invoer en transito-vervoer van pluimvee-produkte vanuit Argentinië is opgeskort as gevolg van ‘n uitbreking van voëlgriep, HPA1, in daardie land. Dr. Albertina Shilongo, die hoof van die direktoraat, sê in ‘n verklaring die eerste geval is reeds ‘n maand terug, op 24 Februarie, bevestig en die verbod is dus geldig vanaf 3 Februarie. Alle produkte met dié datum op hul verpakking sal teruggestuur word na Argentinië of sal vernietig word op die invoerder se koste. Sy sê vraghouers word as een besending geag en sal nie gesorteer word volgens datums op verpakking in die houer nie, en ook dat alle invoer- en vervoerpermitte met onmiddellike effek gekanselleer is.