Curriebeker: Pumas is steeds bo

Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na ‘n 28-13-oorwinning oor Griekwas in Mbombela. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In ‘n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in die wedstryd en van die basiese foute deur Griekwas uitgebuit. In die ander twee Curriebekerwedstryde, het die Cheetahs die Bulle in Bloemfontein oorheers. Hulle voorspelers het hulle spiere gebult vir drie van die span se vyf drieë vir ‘n bonuspunt oorwinning, terwyl die Leeus die Griffons op Ellispark met 41-26 geklop het.