Plakkersaak: AR sê hulle behoort te wen

Dimbulukeni Nauyoma van die Affirmative Repositioning se saak is vandag weer in die hof nadat die beweging die Namibiese regering gedagvaar om die sogenaamde Plakkersproklamasie van 1985 ter syde te stel. Volgens hom is die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers te verwyder wat onwettig op grond woon, strydig met die Grondwet. Die beweging se woordvoerder, Simon Amunime, sê dat hulle optimisties is oor die positiewe uitspraak in hul guns. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.