Plakkers beset Wes-Kaapse behuisingsprojek

Die Wes-Kaapse departement van behuising vra plakkers op die behuisingswaglys om geduldig te wees. Dit volg nadat 120 eenhede in die Forest Village-behuisingsprojek onwettig beset is. Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, Tertius Simmers, sê die meeste van die plakkers woon nie in die teikenareas nie.

Simmers sê sy departement is bekommerd oor die stygende getal gevalle waar projekte beset word.