Namibiese houtskoolbedryf het talle uitdagings

Die houtskoolbedryf in Namibë het ‘n moeilike jaar gehad met verkope wat nie regtig herstel het nie, asook verskeie uitdagings soos ‘n gebrek aan vraghouers om houtskool uit te voer. Michael Degé, die bestuurder van die Namibiese Houtskoolvereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die afgelope vyf maande was moeilik, maar hy is positief oor volgende jaar.