Plaaswerkers se minimumloon onder die loep vandag

Die Landbouwerkgewers-vereniging en plaaswerkers-vakbonde hou vandag ‘n vergadering by die Namibiese Landbou-unie oor onderhandelinge vir ‘n aanpassing van die minimum loon vir die plaaswerkers. Die basiese loon van ‘n plaaswerker bestaan uit ‘n kontant-loon sowel as rantsoen. Namibiese boere presteer jaar op jaar uiters goed en betaal ver bo die minimumloon wat tans op 1 653 Namibiese dollar per maand staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die Landbouwerkgewers-vereniging gepraat…