Plaaslike houtskool kom in VSA aan

Ná ses jaar se oponthoud, het Amerika uiteindelik hul eerste vragte Namibiese houtskool ontvang. Dit is deel van ’n veldtog om houtskool permanent uit te voer na die buiteland. Hulle gaan die houtskool net op spesifieke tye gebruik, soos vir onafhanklikheidsvieringe. Michael Degé, voorsitter van die Namibiese Houtskoolvereniging, sê die Amerikaners is dol oor Namibiese houtskool. Dit is ’n groot oomblik vir Namibië, met belowende vooruitsigte.