Plaaslike gemeenskap probeer Shell se seismiese opname stop

Shell staar ‘n nuwe uitdaging in die gesig ten opsigte van sy seismiese opname aflandig van Suid-Afrika se oostelike kuslyn, waar die plaaslike gemeenskap die projek probeer stop. ‘n Woordvoerder van die nie-winsgewende maatskappy Sustaining the Wild Coast, Reinford Zikulu, sê hulle voorgeslagte se bloed is verspil om die grond en die see te beskerm. Die aktiviste voel pligsgebonde om dit ook nou vir toekomstige geslagte en tot voordeel van die planeet te beskerm. Volgens GroundUp sal die saak volgende Dinsdag in die Oos-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.