Landelike Veiligheidstrategie vir feesseisoen in plek om plaasaanvalle te hanteer

Agri SA het die aankondiging verwelkom dat die regering se Landelike Veiligheidstrategie gedurende die feesseisoen toegepas sal word om veediefstal en plaasaanvalle te hanteer. Die voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir Landelike Veiligheid, Uys van der Westhuijzen, sê plaasaanvalle het die afgelope ruk toegeneem en het ‘n rampspoedige uitwerking op verskeie boerdery-bedrywighede. Hy sê sigbare wetstoepassing en misdaadvoorkoming gedurende die feestydperk mag tot ‘n afname in misdaad bydra.