Plaasaanval net suid van Okh bevestig

Polisie in die Otjozondjupa-streek het ‘n plaasaanval bevestig. Volgens Inspekteur Maureen Mbeha, Woordvoerder van die mag in die streek, het twee plaaswerkers, 28 en 34 jaar oud, saam met hulle 34-jarige kollega, hulle werkgewer net suid van Okahandja op die B1 roete beroof. Volgens Mbeha het die drie toegang tot die huis net na 2-uur in die oggendure gekry. Die egpaar is vasgebind en die boewe het 46 000 doller kontant, skootrekenaars en juwele ter waarde van 30 000 doller en 4 wapens gebuit. Die egpaar kon los kom en het hulp ontbied. Mbeha sê al drie is vasgetrek en sal die week in die hof verskyn na die ondersoek voltooi is. Al die goedere is teruggevind behalwe 1 pistool.