Pivac waai, Gatland vat Wallis oor

Warren Gatland is aangestel as Wallis se nuwe hoofafrigter, drie jaar nadat hy die aflosstokkie aan sy Nieu-Seelandse landgenoot, Wayne Pivac, oorhandig het. Pivac is afgedank ná die span se powere seisoen wat verlede maand se nederlaag teen die onbesonge Georgië insluit. Gatland, wat die All Blacks tussen 1989 en 1994 in 17 toetse as haker verteenwoordig het, het Wallis van 2007 tot 2019 afgerig. Hy sal die Rooi Drake voorberei vir volgende jaar se Sesnasies en die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Hy kan dalk ook aanbly tot 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië.