Pil-smouse Maandag weer in die hof

Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle anti-retrovirale medikasie gesteel en probeer verkoop het aan ‘n geheime lid van Nampol, sal weer volgende week Maandag in die hof verskyn. Die groep, Kalistus Lambeu, wat as drywer vir die gesondheidsministerie werk, Johannes Rumeta, Tjipa Makale, Jafet Ekandjo en Simon Cavalho het elk borg van 10 000 Namibiese dollar ontvang. Hulle was in besit van ses houers van die medikasie, met ‘n beraamde waarde van 87 000 Namibiese dollar.