Pikkewyn-navorser vereer in Frankryk

Die Natuurlewe- en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika, Wessa, het een van sy raadslede, Lorien Pichegru, gelukgewens met haar Franse toekenning van Ridder in die Orde van Verdienste. Die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, Aurelien Lechevallier, het die toekenning aan Pichegru oorhandig. Die vereniging sê sy het haar lewe gewy aan navorsing oor die beskerming van pikkewyne. Sy is in hierdie stadium saam met ‘n aantal medewerkers besig om Algoabaai in die Oos-Kaap as ‘n wêrelderfenisgebied verklaar te kry.