Nampol het 115 voertuie in 5 maande in ongelukke

Daar was 115 motorongelukke waarin polisievoertuie betrokke was tussen April en Augustus vanjaar. Nampol het reeds uitdagings met ‘n tekort aan voertuie en mag ingevolge die moratorium wat deur President Hage Geingob daargestel is, geen voertuie tot 2025 aankoop nie. Die hoof van die mag, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga sê dit is onaanvaarbaar en het bygevoeg dat beamptes wat hulself as Michael Shumachers ag, voor die hof gedaag moet word. Volgens Ndeitunga duur misdaad oor onverpoosd voort en landsburgers voel nie veilig nie. Sindikate terroriseer volgens hom, lede van die publiek. Die mag se veiligheidsveltdog vir die feesseisoen sal binnekort bekend gemaak word.