Phil Ya Nangoloh vra verskoning aan Nujoma

Die omstrede Phil Ya Nangoloh het amptelik aan stigterspresident Sam Nujoma verskoning gevra. Hy het ‘n brief per hand by die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa afgelewer wat vandag ontvangs erken het. Ya Nangoloh het die afgelope jare baie kritiek teen Nujoma uitgespreek en ook aantygings gemaak dat Nujoma vir die Suid-Afrikaanse weermag tydens die vryheidstryd met inligting voorsien het. Hy het ook beweer dat Nujoma vir die Amerikaanse intelligensie-agentskap gewerk het. Shangingwa het vroeër gesê Ya Nangoloh se Swapo-lidmaatskap sal alleenlik goedgekeur word as hy in die openbaar aan Nujoma om verskoning vra.