Phelophepa-trein bring gesondheidsdienste na Buffalo City

Die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap doen ‘n beroep op sy gemeenskappe om voordeel te trek uit die Transnet Phelophepha-gesondheidsorgtrein se dienste. Die trein bied vanaf vandag tot Vrydag verskeie gesondheidsdienste aan by die Mount Ruth-treinstasie naby Mdantsane. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê die Phelophepa-trein-diens sluit ‘n gesondheidsorgkliniek, oogsorgkliniek, tandheelkundige kliniek en ‘n beradings- en sielkundekliniek in.