Geingob lok beleggings in Namibië op sy vele reise

Dit wil voorkom asof president Hage Geingob meer tyd bestee het om beleggings in die land te bekom as wat hy politieke stellings op sy vele oorsese reise gemaak het. Kosmos 94.1 het gesels met die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Bisey /Uirab, wat sê dat Geingob aan die voorpunt was om beleggers na die land te lok.