Pharrell Williams sal Louis Vuitton se mansreeks oorneem
Louis Vuitton, het Pharrell Williams aangestel om die artistieke leiding van sy mansklere-ontwerpe oor te neem. Williams se eerste versameling vir die luukse handelsmerk sal in Junie tydens die Mansmodeweek in Parys vertoon word. Williams het bekendheid verwerf in die musiekbedryf as vervaardiger en sanger met treffers soos “Happy” en “Blurred Lines.” Hy het 13 Grammy-toekennings gewen en was ‘n beoordelaar op die gewilde sangkompetisieprogram “The Voice.” Williams het ondervinding in die modebedryf. Hy het ‘n rol gespeel in die opkoms van sogenaamde ‘straatstyl’, en het die Billionaire Boys Club saam met die Japannese ontwerper Nigo in 2003 gestig. Hy het ook al saam met Adidas en Chanel gewerk.