Pharrell Williams ontvang ere-doktorsgraad

Pharrell Williams het ‘n ere-doktorsgraad van die Norfolk-universiteit in Virgina ontvang. Volgens Javaune Adams-Gaston, die president van die universiteit, ontvang hy dit vir sy bydrae aan die swart bevolking van die deelstaat.

Williams, wat reeds verskeie Grammys gewen het, het ‘n beroep op studente gedoen om Virginia se kultuur en industrie verder te ontwikkel.