Phalatse nie gereed om klagte teen nuwe Jozi-burgemeester in te dien

Mpho Phalatse van die DA sê sy is nog nie gereed om strafregtelike klagte teen die nuutverkose burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, in te dien nie. Die voormalige burgemeester het gedreig om aanklagte te lê nadat sy Gwamanda daarvan beskuldig het dat hy ‘n begrafnis-skema bedryf het wat tientalle mense in Soweto ingedoen het. Sy het hom 48-uur gegee om die waarheid te vertel. Volgens Phalatse samel sy nog bewyse in al hou Gwamanda se party, Al-Jama-ah, vol haar bewerings is ongegrond.