Phalatse lê klag teen Johannesburgse Eiendomsmaatskappy

Die DA-leier in Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die Johannesburgse Eiendomsmaatskappy het na bewering 27 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal aan ‘n maatskappy wat met die ANC verbind word. Die maatskappy was vir twee maande geregistreer toe dit verlede maand die betaling ontvang het. Phalatse het vandag by die Hillbrow-polisiestasie ‘n strafregtelike klagte teen die eiendomsmaatskappy gelê. Sy sê hulle het uit ‘n betroubare bron verneem dat ‘n deel van die geld gebruik sou word om die koalisie-regering in Johannesburg te ontwrig.