Phala-Phala saak uitgestel
Die saak waarin Namibiërs ook aangekla is oor die diefstal van buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020, is uitgestel na 17 November. Twee Namibiërs, Imanuwela David en Froliana Joseph, is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem en het saam met ‘n derde verdagte, wat homself aan die polisie oorgegee het, in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. David en Joseph is glo familie en sy het hom na bewering van die geld vertel wat in ‘n rusbank weggesteek is, toe sy op die spogplaas gewerk het.