Phala Phala-saak na intelligensie toe

Die Speaker van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die gesamentlike staande komitee oor intelligensie versoek om spesifieke bewerings te oorweeg wat met President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaaskwessie verband hou. Dit volg na ‘n versoek van DA-leier, John Steenhuisen, waarin die Speaker gevra is om ‘n ad hoc-komitee te stig om verskeie bewerings rondom die saak te ondersoek. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die Speaker het die versoek van die hand gewys aangesien sy van mening is sommige van die bewerings kan deur bestaande parlementêre strukture oorweeg word: