Phala Phala: Polisie se optrede word ondersoek

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat in Suid-Afrika gaan die optrede van die polisie in die Limpopo Phala Phala-plaasdiefstal ondersoek. Die African Transformation Movement en ander politieke partye, wat die DA en EFF insluit, het ‘n aantal stappe gedoen om President Cyril Ramaphosa aanspreeklik te hou vir wat op sy eiendom gebeur het. Daar word berig die direkteur, Thuso Keefelakae, het bevestig die direktoraat sal die rol van wetstoepassers in die sage bekyk.