Phala Phala-ondersoek duur voort, 30 verklarings ontvang

Die buurland se nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die ondersoek na die rooftog by President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020 gaan voort. Hy sê daar is reeds 30 verklarings verkry. Die gewese spioenbaas, Arthur Fraser, het in Junie ‘n saak van ontvoering en geldwassery teen die president aanhangig gemaak en beskuldig hom dat hy ‘n rooftog toegesmeer het. Masemola sê Ramaphosa het nie die voorval direk aan die polisie gerapporteer nie, maar aan die hoof van die presidensiële beskermingseenheid, Wally Rhoode. Hy sê ‘n deeglike ondersoek word uitgevoer. President Hage Geingob word ook by die saak betrek maar hou voet by stuk hy het Ramaphosa nie bygestaan nie.