Phala Phala-roof: Cyril sê reg moet sy gang gaan

President Cyril Ramaphosa sê die wet moet toegelaat word om sy gang te gaan en die nodige prosesse moet gevolg word in die diefstalsaak op sy Phala Phala-plaas. Die gewese spioenbaas Arthur Fraser het ‘n strafregtelike klag teen die president ingedien en beweer Ramaphosa het ‘n misdaad verberg toe miljoene dollars op sy plaas in Limpopo gesteel is. Ramaphosa sê in sy geskrewe antwoorde op verskeie parlementêre vrae oor die saak, hy het elke vereiste verklaring gemaak sedert hy in 2014 in ‘n openbare amp verkies is en hy sal voortgaan om hierdie verpligtinge na te kom.