Phaahla: Inenting beste manier om vierde vlaag te bestuur

Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê dis duidelik die nuwe Covid-variant Omikron is hoogs oordraagbaar, gegewe die skielike hoë styging in Covid-positiewe gevalle. Hy sê die nuwe gevalle in Suid-Afrika het binne sewe dae met 300 persent gestyg, met ‘n toets-positiwiteit van 22 persent. Phaala sê niemand weet regtig waar dié variant vandaan kom nie. Die minister het bygevoeg inenting is die beste manier om die vierde vlaag te bestuur.