Omitara-brand ook onder beheer, maar winde waai sterk

Die verwoestende veldbrande noord van Seeis is geblus en die een in die omgewing van Omitara is tans onder beheer. Boer Waldo Jansen van Rensburg waarsku egter dat die vuur by Omitara weer kan opvlam weens die sterk winde in die gebied. Hy doen ‘n beroep op boere om op bystand te wees.