Pfizer werk teen Delta, Nam-owerhede oorweeg nog invoere

Die Pfizer-entstof is baie doeltreffend teen die Delta-variant van Covid. Die variant, wat die eerste keer in Indië geïdentifiseer is, is 2,5 keer meer aansteeklik as die oorspronklike Covid-19 en het vinnig die dominante variant in die wêreld geword. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy het die Britse variant reeds ‘n geruime tyd gelede verbygesteek. Volgens Pfizer, is sy entstof 90 persent doeltreffend teen Delta. Terwyl Pfizer nie aangedui word vir Afrika nie omdat hy op -70 grade Celsius gehou moet word, het die Namibiese gesondheidsministerie bevestig dat invoere van die entstof oorweeg word.