Pfizer sê sy teenvirale pil is 89% doeltreffend

Pfizer het vandag aangekondig sy teenvirale pil vir die gebruik teen Covid-19 kan hospitalisasie en sterftes onder hoërisiko-pasiënte met 89 persent verminder. Pfizer is die tweede farmaseutiese maatskappy na Merck om ‘n pil vir gebruik teen die virus te ontwikkel.