Peugeot-aanleg ‘n mislukking

Die Peugeot-aanleg by Walvisbaai het tot op hede net 22 voertuie verkoop met 131 wat nog in voorraad is. Die motors is uiters duur met die 2008-model wat die goedkoopste is teen 500 000 Namibiese dollar en die 3008 wat vir 580 000 dollar verkoop. Daar is net 20 werksgeleenthede geskep sedert die aanleg in Desember 2018 in werking getree het. Daar was ‘n teiken van 5 000 eenhede teen die einde van verlede jaar. Nog net Nida, die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap het voertuie by die aanleg gekoop, ten sypte van ‘n opdrag deur President Hage Geingob dat alle staatsentiteite plaaslik-vervaardigde goedere moet aankoop.