Peugeot-aanleg, gestig in 2018, oorhandig 8 voertuie

Ná die amptelike inhuldiging en bekendstelling van die Peugeot-Namibia-aanleg op Walvisbaai in 2018 deur President Hage Geingob, gaan Peugeot agt voertuie vanoggend aan die handelsministerie oorhandig. Die minister, Lucia Iipumbu, sal die voertuie amptelik om nege-uur vanoggend by die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap, oftewel Nida, in die hoofstad ontvang. Die woordvoerder van die ministerie, Elijah Mukubonda, praat met Kosmos 94.1 Nuus.