Petroleum-kommissaris op pad Londen toe

Die Namibiese ministerie van myne en energie se petroleum-kommissaris Maggy Shino, sal samesprekings lei oor beleggings en geleenthede wat in Namibië se energie-landskap na vore kom by die Invest in African Energy se nuwejaarsonthaal in Londen, Brittanje. Die geleentheid vind op 26 Januarie plaas. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus deel sy mening oor die afvaardiging met Kosmos 94.1 Nuus.

Erastus sê dit is tyd dat Namibië beleggers nooi met kennis van wat die land kan bied, eerder as die beleggers om die proses van voor af te kom begin.