Petito is vermoor, oorsaak moet nog bepaal word

Die oorskot wat in ‘n nasionale park in Wyoming in die VSA gevind is, is bevestig as die liggaam van 22-jarige Gabby Petito. Die staatspatoloog het bevestig dat haar dood moord is maar verdere ondersoek word steeds ingestel. Petito is op 11 September as vermis deur haar familie gerapporteer na haar verloofde Brian Laundrie sonder haar op 1 September teruggekeer het van ‘n vakansie waar hulle die land se nasionale park sou besoek het. Sy is laas op 24 Augustus gesien toe die paartjie baklei het en die polisie ingeroep is. Laundrie het soos mis voor die son verdwyn en het ook vroeër geweier om met owerhede te praat. Owerhede is ontplooi om hom op te spoor nadat hy reeds verlede week verdwyn het.