Peru se president in hegtenis geneem

Die president van Peru, Pedro Castillo, is in ‘n staat van beskuldiging geplaas en in hegtenis geneem nadat hy probeer het om die Parlement te ontbind sonder die grondwetlike gesag of politieke ondersteuning. Hy word aangekla van die vermeende skending van die grondwetlike orde nadat hy van ‘n poging tot ‘n staatsgreep beskuldig is. Adjunkpresident Dina Boluarte is ingesweer as die land se eerste vroue-president. Sy is die vyfde president in net meer as twee jaar. Baie van haar onlangse voorgangers is beskuldig van of skuldig bevind aan korrupsie.