Kenner sê hoër fases beurtkrag kom

‘n Suid-Afrikaanse energiekenner het sy reaksie gegee op beurtkrag en die impak van Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie wat aflyn is. Deur die eenheid aflyn te neem, word sowat 1 000 MegaWatt van die netwerk verwyder. Eskom verwag boonop beurtkrag gaan vererger weens die dieselbegroting wat uitgeput is. Die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy voorspel dat Eskom moontlik beurtkrag na hoër fases sal opstoot.