Persvryheid vandag herdenk
Vandag is Wêreld Persvryheidsdag om op die belangrikheid van joernalistiek en vryheid van spraak te fokus. Vanjaar se tema is ‘n Pers vir die Planeet: Joernalisme in die Aangesig van die Omgewingskrisis. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het hierdie dag in Desember 1993 afgekondig. Die VN sê vandag moet die basiese beginsels van persvryheid gevier word. Die media moet teen die aanslag op sy onafhanklikheid beskerm word en joernaliste wat met hul lewens geboet het moet gehuldig word.