Personeeltekorte sluit 40 Nando’s winkels

Die Suid-Afrikaanse kitskos-restaurant Nando’s moes inderhaas 40 van die winkels in Brittanje sluit, wat ongeveer 10 persent van sy besigheid in die Verenigde Koninkryk uitmaak, as gevolg van tekorte aan beskikbare personeel. Talle restaurante, kroeë en meer gaan gebuk onder dieselfde uitdagings na inperkings loopbaan veranderings aangehits het. Talle werkers het ook die land verlaat as gevolg van Brexit. Die maatskappy het geduld gevra op sy Twitter-blad en sê dinge is op die oomblik ‘n nagmerrie in Brittanje.